Friday, 22 December 2006

Louis aan die woord...

Hallo almal

Eerstens wil ek vir Siewert baie dankie se vir die moeite wat hy gedoen het met hierdie oulike website van ons. Ek het “Matrieks 96” gegoogle en wat heel eerste en groot verskyn is “Hoerskool Steynsrus Matrieks 96”. Baie dankie, Siewert.

Dan vir almal wat n aandeel gehad het met die reelings van ons reunie naweek. Ek dink veral aan Siewert, Cecile, Poffie en Esma. Baie, baie dankie! Dit was die beste naweek ooit. Kyk ek het verwag dat dit 'n lekker naweek en party gaan wees en dit was 10 keer lekkerder gewees. Als het glad verloop en die kos en slaap plek was fantasties!

Om 'n paar woorde te se oor die mense by die reunie: Kyk ons gaan nie vir mekaar lieg nie, Pof het sy kamermaat op varsity ingesluk en Herman, Hennie, Chris en Berno se hare is weg soos my matriek sertifikaat. Maar julle lyk pragtig!

Dit was baie nice gewees om almal of amper almal weer te sien, en na die naweek het ek besef dat almal nog dieselfde is as 10 jaar terug.

Ek wil aansluit by Siewert dat ons moet kontak hou en dalk moet ons nie 10 jaar wag voor die volgende reunie.

Siewert, dankie vir die fotos. Nou het ons 20 klas fotos en 20 fotos van Mariette. Mariette, bly om te sien die boyfriend is darem blank.

Baie geseende Kersfees en mag julle net voorspoed ervaar in 2007!

Louis
lvskoch@hotmail.com

No comments: