Thursday, 21 December 2006

Brief van Mariette

Hallo Almal!

Ek is baie bly om te hoor dat julle lekker reunie gehou het (eintlik het ek gewens dat julle nie lekker kuier nie, dan was ek nie so spyt dat ek nie daar kon wees nie!!) Ek sou graag die "skinny dip" sessie wou beskou!

Soos julle almal seker weet, ek is nog steeds in London en het al lankal my kaartjie huistoe bespreek vir Kersfees. Ek het vir Siewert gevra om 'n sponsorship te begin vir my kaartjie om die reunie by te woon, maar lyk my hy wou my daar gehad nie anders sou hy dit gedoen het!

Ek werk as 'n nanny vir 'n familie hierso en is al 3 en 'n half jaar by dieselfde familie. Ek pas 4 kinders op, hulle is nou 1, 4, 8 en 10 jaar oud. Baie oulike kinders en ek geniet dit baie.

Ek het ook fotos van my en 'n paar van my en my boyfriend vir Siewert gemail om op te sit vir in geval julle al vergeet het hoe ek lyk. Dit was vir my baie lekker om na al die fotos te kyk van toeka se dae en die van die reunie.

Tot later!

Mariette






No comments: