Hallo almal!
Dit raak nou al amper tyd vir ons 10 jaar reunie! Ons gaan ons reunie hou die naweek van die 18de November 2006. Hier is die planne en reelings sover:
Ons gaan die reunie hou by
Waterval Gaste Plaas, oom Sakkie en tannie Judy Botha se plaas by die rivier. Daar is lekker geriewe met ronddawels en kamplek. Pof beplan om sy karavaan al die week voor die reunie daar te gaan opslaan! Ons het die plek vir die hele naweek geboek. So die wat Vrydag al daar wil kom slaap is welkom. Soos ek sê, Pof sal jul daar inwag met 'n drankie in die hand!
Kostes is soos volg:
Akkommodasie - R50 per persoon per nag
Tannie Judy sorg vir brunch Saterdag oggend en bykosse vir die aand se braai.
Brunch - R50 per persoon
Bykosse vir aand - R30 per persoon
Ons sal vir vleis sorg. Jul moet net jul eie drinkgoed voorsien.
Sondag oggend gaan ons sommer koffie en beskuit eet.
Metgeselle, mans, vrouens en kinders is welkom. Let wel, geen onderwysers word die Saterdag al toegelaat nie!!!
Wat ons beplan vir die naweek? Absoluut niks! Ons gaan lekker saam met mekaar kuier, opvang en hoor wat almal aangevang het na skool. Sondagoggend gaan ons saam kerk toe en daarna drink ons bietjie tee saam met die onderwysers. En die belangrikste van als...
DAARNA MOET ONS NIE KONTAK VERLOOR NIE!Ons sal bly wees as jul asseblief die eerste week in Oktober vir ons kan laat weet of jul kom en hoeveel aande jul daar gaan slaap. Ons moet teen middel Oktober vir tannie Judy laat weet hoeveel mense kom.
Laat weet asseblief as jul enige vrae of voorstelle het en ook as daar enige probleme is. Ons sal ons bes probeer om ALMAL te akkomodeer.
Sien een van die dae...
Siewert en Cecile